Vincent van Rooyen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Vincent van Rooyen (* 4 Januarie 1932, Tiervlei – † 28 Mei 2007, Kroonstad) was ’n Suid-Afrikaanse musikant, komponis en befaamde mondfluitjiespeler. Hy het homself op 20-jarige leeftyd geleer mondfluitjie speel en in 1952 saam met Art Daane en Bryan Jones die Relda Trio, ’n mondfluitjiegroep gestig.[1] Gedurende sy suksesvolle loopbaan van lanker as 50 jaar het hy internasionale bekendheid[2] verwerf deur deelname aan verskeie internasionale mondfluitjie-kampioenskapsbyeenkomste, radio, televisie en deur saam met die Johannesburgse en Kaapstadse simfonie-orkes op te tree. In 1980 stig hy die Vincent van Rooyen Harmonica Trio[3] saam met die broers Jonathan en Paul Hopper. Van Rooyen het ook sy eie musiek gekomponeer wat van ligte boeremusiek tot klassieke musiek strek en langspeel plate en verskeie CD’s uitgereik.
Vincent van Rooyen | |
---|---|
Tekening met vergunning van Japie Goosen | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Vincent Roelof van Rooyen |
Ook bekend as | Vinnie |
Gebore | 4 Januarie 1932 Tiervlei, Parow, Kaapkolonie |
Sterf | 28 Mei 2007 (op 75) Kroonstad, Vrystaat |
Genres | Ligte boeremusiek tot klassieke musiek |
Beroep(e) | Musikant, komponis, mondfluitjiespeler |
Instrumente | Kromatiese Mondfluitjie |
Jare aktief | Meer as 50 jaar |