From Wikipedia, the free encyclopedia
Wladimir Michailowitsj Komarof (Russies: Владимир Михайлович Комаров), (16 Maart 1927 - 24 April 1967) was 'n Sowjetruimtevaarder. Hy was die eerste mens wat gesterf het tydens 'n ruimtesending, in Sojoes 1.
Hy is in Moskou, Sowjetunie (nou Rusland) gebore.
Komarof is in 1960 gekies om 'n ruimtevaarder te word saam met die eerste Sowjet-ruimtevaardergroep. Nadat hy die rugsteun was vir Pawel Popowitsj op Wostok 4, was sy eerste ruimtevlug op die Woschod 1-missie. Op sy tweede vlug, in Sojoes 1, het hy gesterf toe die ruimtetuig geval het as gevolg van 'n probleem met die valskerm.
Hy het die Held van die Sowjetunie en die Orde van Lenin twee maal ontvang.
Komarof was getroud met Walentina Jakowlewna Kiseljowa en het twee kinders gehad, Jewgeni en Irina.
'n Asteroïde, 1836 Komarov wat in 1971 ontdek is, is na hom genoem.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.