From Wikipedia, the free encyclopedia
Die vlerk is die gedeelte van 'n vliegtuig wat die opwaartse stukrag veroorsaak en dit sodoende vir 'n vliegtuig moontlik maak om te kan vlieg. Vliegtuie het gewoonlik twee vlerke, een elk weerskante aan die romp vasgeheg, maar soms bestaan 'n vliegtuig uit een enkele vlerk met die romp daaronder gemonteer.
Die feit dat die vlerk teen 'n sekere invalshoek ten opsigte van die rigting van beweging staan veroorsaak dat daar 'n reaksiekrag ontstaan (stukrag) wat die vliegtuig volgens die Bernoulli-beginsel opwaarts druk. Sedert die ontwikkeling van die eerste vliegtuig is die vlerkprofiel geleidelik verbeter om die doeltreffendheid daarvan te verhoog.
Die meegaande afbeelding toon die tipiese onderdele wat by 'n vliegtuigvlerk voorkom.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.