Wêreldgesondheidsorganisasie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wêreldgesondheidsorganisasie is 'n agentskap van die Verenigde Nasies met sy hoofkwartier in Genève, Switserland. Sy doel is om as koördineerder op te tree ter bevordering van internasionale openbare gesondheid. Die WGO (Engels: WHO – World Health Organisation) het op 7 April 1948 totstand gekom (7 April word ook as internasionale Wêreldgesondheidsdag gevier). Die WGO het tans 192 lidlande.