Water (molekuul)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hierdie artikel bespreek water vanuit 'n wetenskaplike en tegniese oogpunt. Sien water vir 'n meer algemene bespreking van water en die belangrikheid daarvan vir die mensdom
Meer inligting Algemeen, Fasegedrag ...
Algemeen | |
---|---|
Naam | Water (molekuul) |
Chemiese formule | H2O |
Molêre massa | 18,01528 |
CAS-nommer | 7732-18-5 |
Voorkoms | deurskynend, byna kleurlose vloeistof met'n effense blou tint |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 0°C (273.15 K) |
Kookpunt | 100 °C (373.15 K) |
Digtheid | 1 g/cm3 |
Oplosbaarheid | |
Viskositeit | 1 mPa·s teen 20 °C |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 15.74 |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Sluit
Water het die chemiese formule H2O, wat beteken dat dit 'n watermolekule uit twee waterstofatome en een suurstofatoom bestaan. By kamertemperatuur, ongeveer 25 °C, is dit 'n bykans kleurlose- (met 'n effense blou tint), smaaklose- en reuklose stof. Dit is die mees algemene oplosmiddel en ook die enigste suiwer stof wat in al drie sy toestande op aarde aangetref word.