Wiener Ringstraße
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wiener Ringstraße is 'n elegante kringlaan wat oor 'n lengte van 5,3 km langs die buitekant van die Oostenrykse hoofstad Wene se historiese middestad en sentrale distrik (Innere Stadt) loop. Dit het teen die middel van die 19de eeu ontstaan toe die Weense stadsmure afgebreek is om plek te maak vir nuwe bouprojekte en is op 1 Mei 1865 deur keiser Frans Josef plegtig ingewy.[1] In die volgende dekades het 'n aantal statige geboue in die neo-Gotiese, neo-Renaissance-, neo-klassieke en neo-Barokstyl ontstaan wat van die laan tans een van die vernaamste besienswaardighede van Wene maak.
Na die eklektiese en historiserende argitektoniese stylpluralisme van die Ringstraße, wat boustyle van vroeëre tydperke hervat en deur Unesco as deel van Wene se wêrelderfenis gelys is, word dikwels verwys as Ringstraßenstil.[2][3]