Witrivier - Wikiwand
For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Witrivier.

Witrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Witrivier
(en) White River
'n Straattoneel in Witrivier

Witrivier
 Witrivier se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°19′58″S 31°00′25″O / 25.33278°S 31.00694°O / -25.33278; 31.00694Koördinate: 25°19′58″S 31°00′25″O / 25.33278°S 31.00694°O / -25.33278; 31.00694
Land
 Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distrik Ehlanzeni
Munisipaliteit Mbombela
Oppervlak[1]
 - Dorp 60,55 km²  (23,4 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 16 639
 - Digtheid 275/km² (712,2/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Blank 60.3%
 • Indiër/Asiër 2.5%
 • Kleurling 4.3%
 • Swart 32.5%
 • Ander 0.4%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 42.2%
 • Engels 28.7%
 • Swazi 16.1%
 • Tsonga 3.0%
 • Ander 10.0%
Poskode (strate) 1240
Poskode (posbusse) 1240
Skakelkode(s) 013

Witrivier (Engels: White River) is 'n dorp in die ooste van Mpumalanga (Suid-Afrika), noord van Nelspruit. Volgens die 2011-sensus het die nedersetting 'n bevolking van 16 639 gehad, waarvan 10 025 (60,3%) Blankes was.[1]

Geskiedenis

Die eerste blanke boere het in die 1880's in die gebied inbeweeg. Na die Tweede Vryheidsoorlog het lord Milner 'n landbounedersetting vir Boere- en Britse oudstryders gestig; elke oudstryder het 40 ha grond gekry. 'n Kanaal van 26 km is gegrawe vir besproeiingsdoeleindes vir die oudstryders. Die projek het misluk en die grond is in 1914 aan 'n sindikaat verkoop. Die spoorlyn vanaf Nelspruit het die dorp in 1926 bereik.

Distrik

Die distrik is 5 000 km2 groot. Die belangrikste gewasse wat verbou word is sitrus, subtropiese vrugte, groente en snyblomme.

Sien ook

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Hoofplek Witrivier". Sensus 2011.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Witrivier
Listen to this article