Ykboson
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
’n Ykboson (Engels: gauge boson) is in deeltjiefisika ’n boson wat dien as draer van een van die basiese natuurkragte. Elementêre deeltjies oefen kragte op mekaar uit deur die uitruiling van ykbosone, meestal as virtuele deeltjies. Hulle kry hul naam van die teorieë wat dié kragte beskryf, bekend as die ykteorieë; die ykbosone is die kwantums van die ykveld.
Standaardmodel
Die Standaardmodel bevat drie soorte ykbosone:
- fotone (vir die elektromagnetiese wisselwerking),
- W- en Z-bosone (vir die swak wisselwerking),
- gluone (vir die sterk wisselwerking).

Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.
Cover photo is available under {{::mainImage.info.license.name || 'Unknown'}} license.
Cover photo is available under {{::mainImage.info.license.name || 'Unknown'}} license.
Credit:
(see original file).