YouTube - Wikiwand
For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for YouTube.

YouTube

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

YouTube
Tipe Filiaalmaatskappy
Gestig 14 Februarie 2005
Hoofkantoor San Bruno, KaliforniëVerenigde State
SleutelpersoneSusan Wojcicki (hoofuitvoerendebeampte)
Chad Hurley (raadgewer)
Gebied bedienWêreldwyd, behalwe vir afkeurende lande
IndustrieInternet
ProdukteVideooplaaidiens
MoedermaatskappyAlphabet Inc.
SlagspreukBroadcast Yourself (2005–2012)
Webwerfyoutube.com
Van links na regs: Chad Hurley, Steve Chen en Jawed Karim.
Van links na regs: Chad Hurley, Steve Chen en Jawed Karim.
YouTube se hoofkantoor in San Bruno, Kalifornië
YouTube se hoofkantoor in San Bruno, Kalifornië
YouTube
Taal(e) Veeltalig, onder andere Afrikaans, Engels, Frans, Duits, Pools, Russies, Spaans, Italiaans, Portugees, Koreaans, Chinees en Nederlands.
Registrasie Opsioneel
Eienaar Google
Opgerig 15 Februarie 2005
Huidige status Aktief
URL www.youtube.com

YouTube is 'n webwerf wat gebruikers in staat stel om video's op te laai, koers, kommentaar, deel, en na ander opgelaaide video's te kyk. Die webwerf behels films, musiek videos, nuus, opvoedkundige programme, sowel as video blogs, skyfievertonings, humoristiese video's, en nog baie meer te kyk. YouTube is tans die grootste video webwerf op die Internet.

YouTube is in Februarie 2005 opgerig deur drie voormalige PayPal medewerkers. 'n Groot verskil met ander video webwerwe in die tyd was dat alle video's outomaties omgeskakel word na een formaat wat vir baie mense toeganklik is, Flash video (.flv). Dit, gekombineerd daarmee dat die hele webwerf gratis vir gebruik is, het daarvoor gesorg dat YouTube nou die grootste videowebwerf op die internet geword het, en één van die grootste webwerwe op die internet in sy geheel.

Die meerderheid van die video's op YouTube word deur indiwiduë uit die publiek uit opgelaai, alhoewel sommige mediamaatskappye soos CBS, BBC, VEVO, Hulu en andere ook van hulle eie materiaal beskikbaar stel. Ongeregistreerde YouTube gebruikers kan gratis na video's kyk, terwyl geregistreerde gebruikers video's kan oplaai. Sommige video's wat as moontlik beledigend of aanstootlik beskou word, kan slegs deur geregistreerde gebruikers van ouer as 18 jaar gekyk word. In November 2006 is YouTube deur Google oorgeneem, teen 'n bedrag van 1.65 miljard Amerikaanse dollar. YouTube is dus tans as 'n onderafdeling van Google.

Daar word nie baie statistieke uitgegee nie, maar in Julie 2006 het YouTube 'n berig uitgegee dat daar elke dag meer as 100 miljoen video's gekyk word, en in die hele maand was uiteindelik 2,5 miljard video's afgelaai. Net in Januarie 2008 is daar al 3 miljard video's deur slegs 79 miljoen mense afgelaai.

Gevolg van die sukses van YouTube

Voor die loods van hierdie webwerf, was daar baie min geleenthede gewees om video's op die Internet te laai. Ná YouTube begin is, het daar 'n hele aantal ander webwerwe opgespring wat ook gebruikers in staat gestel het om video's op die Internet te laai.

Kopiereg

In ruil vir die stoor van die video's moet die oplaaier van alle outeursregte afstand doen. Dit beteken dat jy nie iemand anders se werk mag oplaai indien dit onder kopiereg beskerm word nie. In sommige gevalle bevat opgelaaide video's wel materiaal wat onder kopiereg staan, en kan hulle soms deur YouTube geblokkeer word.

Die skending van kopiereg deur YouTube gebruikers het al tot verskeie regsgedinge gelei. In Maart 2007 het Viacom in 'n saak teen Google, die YouTube eienaar, 'n bedrag van 1 miljard dollar geëis omdat daar 160 000 van sy video's op YouTube beskikbaar was. In September 2007 is YouTube deur 20th Century Fox gedwing om honderde video's te verwyder. Verskeie mediagroepe, waaronder Sony BMG, BBC en Samsung het egter al ooreenkomste met YouTube bereik waarvolgens hulle video- en klankmateriaal wel in sommige gevalle gebruik mag word.

Hoe dit werk

Op YouTube mag gebruikers video's oplaai met 'n maksimum grootte van 1 024 MB, maar elke video mag slegs 10 minute lank wees. Formate soos .avi (XviD met MP3), .mp4 (H.264 met AAC+,) .mov, .mpeg word aanvaar. Die video's word omgeskakel na .flv, met daarin die H.263 videoenkodering en 64kbit/s MP3 monogeluid. Die datastroom het 'n totale bitrate van +/- 330 kbit/s, die resolusie is 320x240. Sedert Maart 2008 gee YouTube ook die keuse om die video's in hoër gehalte af te laai. Die resolusie is verhoog van 320x240 na 480x360.

Daar is twee moontlikhede: tik jy &fmt=6 agter die adres van die video in jou webblaaier, dan kry jy 'n H.263 stroom van +/- 600kbit/s met 96kbit/s MP3 mono. Met &fmt=18 kan jy luister na 'n stereostroom, die formaat is dan nie .flv nie, maar .mp4. Die .mp4 bestaan uit 'n H.264-beeldstroom van 300-400kbit/s en +/- 128kbit/s AAC-geluid.

Lokalisasie

Lande met YouTube-lokalisering
Lande met YouTube-lokalisering
YouTube se status volgens lande: ██ Plaaslike YouTube-weergawe ██ Geblokkeer ██ Voorheen geblokkeer ██ Toeganklik
YouTube se status volgens lande: ██ Plaaslike YouTube-weergawe ██ Geblokkeer ██ Voorheen geblokkeer ██ Toeganklik

Op 19 Junie 2007 was Eric E. Schmidt in Parys om die nuwe lokaliseringstelsel van stapel te stuur. In die volgende lande is die stelsel al in werking gestel:

Land Tale Oprigtingsdatum
 Verenigde State (en wêreldwyde bekendstelling)
Engels 15 Februarie 2005[1]
 Brasilië
Portugees 19 Junie 2007[1]
 Frankryk
Frans en Baskies 19 Junie 2007[1]
 Ierland
Hiberno-Engels 19 Junie 2007[1]
 Italië
Italiaans 19 Junie 2007[1]
 Japan
Japannees 19 Junie 2007[1]
 Nederland
Nederlands 19 Junie 2007[1]
 Pole
Pools 19 Junie 2007[1]
 Spanje
Spaans, Galicies, Katalaans en Baskies 19 Junie 2007[1]
 Verenigde Koninkryk
Engels 19 Junie 2007[1]
 Meksiko
Spaans 11 Oktober 2007[2]
 Hongkong
Chinees en Engels 17 Oktober 2007[3]
 Republiek van China
Chinees 18 Oktober 2007[4]
 Australië
Engels 22 Oktober 2007[5]
 Nieu-Seeland
Engels 22 Oktober 2007[5]
 Kanada
Kanadese Frans en Kanadese Engels 6 November 2007[6]
 Duitsland
Duits 8 November 2007[7]
 Rusland
Russies 13 November 2007[8]
 Suid-Korea
Koreaans 23 Januarie 2008[9]
 Indië
Hindi, Bengaals, Engels, Gujarati, Kannada, Malayalam, Marathi, Tamil, Telugu en Oerdoe 7 Mei 2008[10]
 Israel
Hebreeus 16 September 2008
 Tsjeggië
Tsjeggies 9 Oktober 2008[11]
 Swede
Sweeds 22 Oktober 2008[12]
 Suid-Afrika
Afrikaans, Zoeloe en Engels 17 Mei 2010[1]
 Argentinië
Spaans 8 September 2010[13]
 Algerië
Frans en Arabies 9 Maart 2011[14]
 Egipte
Arabies 9 Maart 2011[14]
 Jordanië
Arabies 9 Maart 2011[14]
 Marokko
Frans en Arabies 9 Maart 2011[14]
 Saoedi-Arabië
Arabies 9 Maart 2011[14]
 Tunisië
Frans en Arabies 9 Maart 2011[14]
 Jemen
Arabies 9 Maart 2011[14]
 Kenia
Swahili en Engels 1 September 2011[15]
 Filippyne
Filippyns en Engels 13 Oktober 2011[16]
 Singapoer
Engels, Maleis, Chinees en Tamil 20 Oktober 2011[17]
 België
Frans, Nederlands, en Duits 16 November 2011[1]
 Colombia
Spaans 30 November 2011[18]
 Uganda
Engels 2 Desember 2011[19]
 Nigerië
Engels 7 Desember 2011[20]
 Chili
Spaans 20 Januarie 2012[21]
 Hongarye
Hongaars 29 Februarie 2012[22]
 Maleisië
Maleis en Engels 22 Maart 2012[23]
 Peru
Spaans 25 Maart 2012[24]
 Verenigde Arabiese Emirate
Arabies en Engels 1 April 2012[25]
 Griekeland
Grieks 1 Mei 2012
 Indonesië
Indonesies en Engels 17 Mei 2012[26]
 Ghana
Engels 5 Junie 2012[27]
 Senegal
Frans en Engels 4 Julie 2012[28]
 Turkye
Turks 1 Oktober 2012[29]
 Oekraïne
Oekraïens 13 Desember 2012[30]
 Denemarke
Deens 1 Februarie 2013[31]
 Finland
Fins en Sweeds 1 Februarie 2013[32]
 Noorweë
Noors 1 Februarie 2013[33]
 Switserland
Duits, Frans en Italiaans 29 Maart 2013[34]
 Oostenryk
Duits 29 Maart 2013[35]
 Roemenië
Roemeens 18 April 2013[36]
 Portugal
Portugees 25 April 2013[37]
 Slowakye
Slowaaks 25 April 2013[38]
 Bahrein
Arabies 16 Augustus 2013[39]
 Koeweit
Arabies 16 Augustus 2013[39]
 Oman
Arabies 16 Augustus 2013[39]
 Katar
Arabies 16 Augustus 2013[39]
 Bosnië en Herzegowina
Bosnies, Kroaties en Serwies 17 Maart 2014
 Bulgarye
Bulgaars 17 Maart 2014[40]
 Kroasië
Kroaties 17 Maart 2014[41]
 Estland
Estnies 17 Maart 2014[42]
 Letland
Lets 17 Maart 2014[43]
 Litaue
Litaus 17 Maart 2014
 Montenegro
Serwies en Kroaties 17 Maart 2014
 Noord-Masedonië
Macedonies, Serwies en Turks 17 Maart 2014
 Serwië
Serwies 17 Maart 2014
 Slowenië
Sloweens 17 Maart 2014[44]
 Thailand
Thai 1 April 2014[45]
 Libanon
Arabies 1 Mei 2014[39]
 Puerto Rico
Spaans en Engels 23 Augustus 2014
 Ysland
Yslands ?, 2014
 Luxemburg
Frans en Duits ?, 2014
 Viëtnam
Viëtnamees 1 Oktober 2014
 Libië
Arabies 1 Februarie 2015
 Tanzanië
Swahili en Engels 2 Junie 2015
 Zimbabwe
Engels 2 Junie 2015
 Azerbeidjan
Azerbeidjans 12 Oktober 2015[46]
 Wit-Rusland
Russies 12 Oktober 2015[46]
 Georgië
Georgies 12 Oktober 2015[46]
 Kasakstan
Kasaks 12 Oktober 2015[46]
 Nepal
Nepalees 12 Januarie 2016[47]
 Pakistan
Oerdoe en Engels 12 Januarie 2016[48]
 Sri Lanka
Singalees en Tamil 12 Januarie 2016[47]
 Irak
Arabies ?, 2016
 Jamaika
Engels ?, 2016

Sien ook

Verwysings

  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 (en) Sayer, Peter (19 Junie 2007). "Google launches YouTube France News". PC Advisor. Besoek op 3 Augustus 2009.
  2. (es) "Presentan hoy YouTube México". El Universal. 11 Oktober 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2009. Besoek op 9 September 2008.
  3. (zh) "中文上線 – YouTube 香港中文版登場!". Stanley5. 17 Oktober 2007. Besoek op 2 Januarie 2012.
  4. (en) "YouTube台灣網站上線 手機版再等等". ZDNet. 18 Oktober 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2010. Besoek op 2 Januarie 2012.
  5. 5,0 5,1 (en) Nicole, Kristen (22 Oktober 2007). "YouTube Launches in Australia & New Zealand". Mashable. Besoek op 3 Augustus 2009.
  6. (en) Nicole, Kristen (6 November 2007). "YouTube Canada Now Live". Mashable. Besoek op 3 Augustus 2009.
  7. (en) Ostrow, Adam (8 November 2007). "YouTube Germany Launches". Mashable. Besoek op 3 Augustus 2009.
  8. (ru) "YouTube перевелся на русский". Kommersant Moscow. 14 November 2007. Besoek op 22 Maart 2012.
  9. (en) Williams, Martyn (23 Januarie 2008). "YouTube Launches Korean Site". PC World. Besoek op 22 Maart 2012.
  10. (en) Joshi, Sandeep (8 Mei 2008). "YouTube now has an Indian incarnation". The Hindu. Chennai, India. Besoek op 3 Augustus 2009.
  11. (en) Bokuvka, Petr (12 Oktober 2008). "Czech version of YouTube launched. And it's crap. It sucks". The Czech Daily Word. Wordpress.com. Besoek op 3 Augustus 2009.
  12. (en) "Launch video unavailable when YouTube opens up in Sweden". 23 Oktober 2008. Besoek op 7 Desember 2012.
  13. (en) "YouTube launches in Argentina". September 9, 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2010. Besoek op 9 September 2010.
  14. 14,0 14,1 14,2 14,3 14,4 14,5 14,6 (en) "YouTube Launches Local Version For Algeria, Egypt, Jordan, Morocco, Saudi Arabia, Tunisia and Yemen". ArabCrunch. Besoek op 13 Maart 2011.
  15. (en) Jidenma, Nmachi (1 September 2011). "Google launches YouTube in Kenya". The Next Web. Besoek op 22 Maart 2012.
  16. (en) Nod, Tam (13 Oktober 2011). "YouTube launches 'The Philippines'". The Philippine Star. Besoek op 13 Oktober 2011.
  17. (en) "YouTube Launches Singapore Site". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2011. Besoek op 23 September 2015.
  18. (en) "YouTube launches localized website for Colombia". 1 Desember 2011. Besoek op 1 Desember 2011.
  19. (en) "Google Launches YouTube Uganda". 2 Desember 2011. Besoek op 15 Januarie 2012.
  20. (en) "Google to Launch YouTube Nigeria Today". 7 Desember 2011. Besoek op 15 Januarie 2012.
  21. (en) "Google launches YouTube Chile". 19 Maart 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2012. Besoek op 22 Maart 2012.
  22. (en) "Google Launches Hungarian YouTube". 12 Maart 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2013. Besoek op 22 Maart 2012.
  23. (en) "YouTube Launches Local Domain For Malaysia". 22 Maart 2012. Besoek op 22 Maart 2012.
  24. (en) "YouTube Peru Launched, Expansion continues". 27 Maart 2012. Besoek op 1 April 2012.
  25. (en) Bindu Suresh Rai (2 April 2012). "UAE version of YouTube launched". Emirates 247. Besoek op 14 Februarie 2014.
  26. (en) "YouTube Launches Indonesian Version". 15 Junie 2012. Besoek op 8 Julie 2012.
  27. (en) "Google launches YouTube in Ghana". 22 Junie 2012. Besoek op 8 Julie 2012.
  28. (en) "YouTube launches local portal in Senegal"". 16 Julie 2012. Besoek op 25 Julie 2012.
  29. (en) "YouTube's Turkish version goes into service". 1 Oktober 2012. Besoek op 1 Oktober 2012.
  30. (uk) Tarasova, Maryna (13 Desember 2012). "YouTube приходить в Україну!". Oekraïne: Google Ukraine Blog.
  31. (da) "YouTube lanceres i Danmark". Denemarke: iProspect. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2013. Besoek op 17 April 2013.
  32. (en) Sormunen, Vilja (6 Februarie 2013). "YouTube Launches in the Nordics". Nordies: KLOK. Besoek op 11 Februarie 2013.
  33. (no) "YOUTUBE LAUNCHED IN NORWAY". Noorweë: TONO. Besoek op 17 April 2013.
  34. (en) "YouTube goes Swiss". Switserland: swissinfo. Besoek op 17 April 2013.
  35. (de) "YouTube.at seit Donnerstag online". Oostenryk: Wiener Zeitung. Besoek op 17 April 2013.
  36. (ro) "Youtube România se lansează într-o săptămână". Roemenië: ZF.ro. Besoek op 14 Mei 2013.
  37. (pt) "Google lança versão lusa do YouTube". Portugal: Luso Noticias. Besoek op 14 Mei 2013.
  38. (sk) Tomáš Švec (21 Mei 2013). "Slováci už môžu oficiálne zarábať na tvorbe videí pre YouTube". Vat Pravda. Besoek op 24 Februarie 2014.
  39. 39,0 39,1 39,2 39,3 39,4 (en) Nick Rego (16 September 2013). "YouTube expands monetization and partnership in GCC". tbreak Media. Besoek op 14 Februarie 2014.
  40. (bg) Ивелина Атанасова (18 Maart 2014). "YouTube рекламата става достъпна и за България". New Trend. Besoek op 5 April 2014.
  41. (hr) "Oglašavanje na video platformi YouTube od sad dostupno i u Hrvatskoj". Lider. 19 Maart 2014. Besoek op 5 April 2014.
  42. (et) Siiri Oden (19 Maart 2014). "Youtube reklaamid – uued võimalused nüüd ka Eestis!". Meedium. Besoek op 5 April 2014.
  43. (lt) Marta (19 Maart 2014). "Tagad reklāmas iespējas Youtube kanālā iespējams izmantot arī Latvijā". Marketing. Besoek op 5 April 2014.
  44. (sl) STA (18 Maart 2014). "Na Youtube prihajajo tudi slovenski video oglasi". Dnevnik. Besoek op 5 April 2014.
  45. (en) Asina Pornwasin (3 April 2014). "YouTube introduces homepage especially". The Nation. Besoek op 4 April 2014.
  46. 46,0 46,1 46,2 46,3 (en) Stephen Hall (22 Oktober 2015). "YouTube continues global expansion w/ versions of its site in 7 new locales". 9to5 Google. Besoek op 18 Maart 2016.
  47. 47,0 47,1 (en) "YouTube launches Nepal, Pakistan, Sri Lanka-specific homepages". The Himalayan Times. 13 Januarie 2016. Besoek op 31 Januarie 2016.
  48. (en) "YouTube launches country-specific homepage for Pakistan". The Express Tribune. 12 Januarie 2016. Besoek op 31 Januarie 2016.

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
YouTube
Listen to this article