Zaïre
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Republiek Zaïre (Frans: République du Zaïre) is die voormalige naam vir die Demokratiese Republiek die Kongo, 'n land in Afrika wat in 1960 van België onafhanklik geword het. Mobutu Sese Seko was sedert 'n staatsgreep in 1965 die president van die land gewees. Die land het in die periode van 27 Oktober 1971 tot 17 Mei 1997 as Zaïre bekend gestaan. Die naam Zaïre is die Franse spelling van die Portugese woord "zaire", wat weer ontleen is van die naam van die Kongorivier in Kikongo, een van die plaaslike tale. Die betekenis van die woord is "Groot rivier".
| |||||
| |||||
Leuse: Paix – Justice – Travail[1] (Frans vir: "Vrede – Geregtigheid – Arbeid") | |||||
Volkslied: La Zaïroise (Frans vir: "Die lied van Zaïre") | |||||
Hoofstad | Kinshasa 4°19′S 15°19′O | ||||
Taal/Tale | Frans (amptelik), Lingala, Kongo, Swahili, Luba-Kasai | ||||
Regering | Republiek | ||||
President | |||||
- 1971–1997 | Mobutu Sese Seko | ||||
Historiese tydperk | Kongokrisis | ||||
- Land hernoem | 27 Oktober 1971 | ||||
- Eerste Kongo-oorlog | 16 Mei 1997 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1996 | 2 345 410 km2 905 568 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1996 skatting | 46 498 539 | ||||
Digtheid | 19,8 /km² 51,3 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Zaïre |