11 April
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
11 April is die 101ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (102de in skrikkeljare). Daar volg nog 264 dae in die res van die jaar.
<< | April 2025 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | |||
Al die dae |
Gebeure
- 627 – Paulinus, 'n Romeinse sendeling, doop koning Edwin van Diera.
- 672 – Pous Adeodatus volg Pous Vitalianus op.
- 1111 – Teenpous Silvester IV onderwerp hom aan Pous Paschalis II (of dalk 12 April).
- 1286 – Pous Honorius IV ekskommunikeer koning Jakobus II van Sisilië saam met die biskoppe wat hom gekroon het.
- 1682 – Pous Innocentius XI annuleer die vier Galliese Vryhede.
- 1775 – Laaste doodstraf vir toorkuns in Duitsland.
- 1814 – Napoleon word verban na Elba.
- 1888 – Die Concertgebouw in Amsterdam word geopen.
- 1899 – Spanje handig Puerto Rico oor aan die Verenigde State.
- 1909 – Die (latere) Israelse stad Tel Aviv word gestig.
- 1914 – Hoërskool Ermelo kom tot stand.
- 1921 – Eerste sportuitsending oor radio.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Die Luftwaffe bombardeer Coventry, Engeland.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die VSA-magte bevry Buchenwald konsentrasiekamp.
- 1945 – Die Duitse stad Neumark in die Opperpalts word vir die tweede keer tydens die Tweede Wêreldoorlog deur 'n Geallieerde bomaanval vernietig.
- 1968 – Duitse studenteleier, Rudi Dutschke, word geskiet in Berlyn.
- 1970 – Apollo 13 word gelanseer.
- 1979 – Die bewind van die Ugandese diktator, Idi Amin, word omvergewerp.
- 1979 – Die Oos-Duitse ambassadeur in Uganda, Gottfried Lessing, word saam met sy vrou in Kampala vermoor. Hy was voorheen getroud met die skryfster (en Nobelpryswenner) Doris Lessing.
- 2001 – Die Ellispark-stadion-ramp vind plaas en 42 mense sterf.
Remove ads
Geboortes
- 146 – Septimius Severus, Romeinse keiser († 211).
- 1348 – Andronikos IV Palaiologos, keiser van die Bisantynse Ryk († 1385).
- 1920 – Emilio Colombo, Italiaanse prokureur en politikus, 40ste Eerste Minister van Italië († 2013).
- 1922 – Pierre Wack, die eerste persoon om die gebruik van scenariobeplanning in die private sektor te ontwikkel († 1997).
- 1930 – Anton LaVey, stigter van die Kerk van Satan († 1997).
- 1932 – Joel Grey, Amerikaanse sanger en akteur.
- 1933 – Denis Goldberg 'n Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en skrywer († 2020).
- 1941 – Shirley Stelfox, Engelse aktrise († 2015).
- 1947 – Leonard Nolens, Vlaamse digter, vertaler en skrywer.
- 1950 – Bill Irwin, Amerikaanse akteur en skrywer.
- 1953 – Guy Verhofstadt, Eerste Minister van België.
- 1960 – Jeremy Clarkson, Engelse motorjoernalis en televisieaanbieder.
- 1961 – Vincent Gallo, Amerikaanse akteur en regisseur.
- 1966 – Lisa Stansfield, Engelse sangeres.
- 1972 – Jennifer Esposito, Amerikaanse aktrise en skrywer.
- 1974 – Annie Malan, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1979 – Josh Server, Amerikaanse akteur.
- 1980 – Keiji Tamada, Japannese sokkerspeler.
- 1990 – Thulani Serero, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
Remove ads
Sterftes
- 678 – Pous Donus, die 78ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1034 – Romanos III Argyros, Bisantynse keiser (* 968).
- 1838 – Piet Uys, Voortrekkerleier (* 1797).
- 1838 – Dirkie Uys, kinderheld en seun van Voortrekkerleier Piet Uys (* 1823).
- 1987 – Primo Levi, Italiaans-Joodse chemikus, komponis en outeur (* 1919).
- 2007 – Kurt Vonnegut, Amerikaanse skrywer (* 1922).
- 2007 – Roscoe Lee Browne, Amerikaanse akteur (* 1925)
- 2023 – Carol Locatell, Amerikaanse aktrise (* 1940).
Vakansiedae
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads