13de Dinastie van Egipte
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die 13de Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie XIII geskryf) het 154 jaar geduur,[1] van omstreeks 1803 tot 1649 v.C.. Dit word meestal saam met die 11de, 12de en 14de Dinastie beskou as die tyd van die Middelryk. Soms word van die 13de tot die 17de Dinastie beskou as die Tweede Oorgangstydperk.
Die 13de Dinastie word beskou as ’n direkte voortsetting van die 12de Dinastie; sy eerste farao was vermoedelik die seun van Amenemhat IV.[1] Kim Ryholt stel voor die oorgang tussen die twee dinastieë weerspieël die opkoms van die onafhanklike 14de Dinastie in die Oos-Delta, en dit het moontlik gedurende Sobekneferoe se bewind gebeur.[1] As direkte erfgename van die konings van die 12de Dinastie het die farao's van die 13de Dinastie van Memphis af oor Middel- en Bo-Egipte regeer. Die mag van die dinastie het progressief afgeneem gedurende die een en ’n half eeu van sy bestaan, en dit is eindelik beëindig net die verowering van Memphis deur die Hyksos-heersers van die 15de Dinastie, omstreeks 1650 v.C.[1]
Remove ads
Heersers
In latere dokumente word die era gewoonlik beskryf as ’n tydperk van wanorde. Dit kon egter vreedsamer gewees het as wat vroeër gedink is omdat die sentrale regering regdeur die dinastie in Itjtawy gebly het en die land relatief stabiel was. Ongelukkig is die ware chronologie van die heersers moeilik om te bepaal, want min monumente dateer uit dié periode. Baie van die konings se name is net bekend uit fragmente van inskripsies. Die bekendstes was:[1][2]
Bewyse van die heersers ná hierdie konings is net in Bo-Egipte gevind. Dit kan dui op die skuif van die hoofstad van Itjtawy na Thebe.[9] Daphna Ben Tor glo dit is veroorsaak deur ’n inval uit die Oos-Delta en die Memhis-streek deur Kanaänitiese heersers. Sommige skrywers beskou dit as die einde van die Middelryk en die begin van die Tweede Oorgangstydperk.[9]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads