5FM

From Wikipedia, the free encyclopedia

5FM
Remove ads

5FM is 'n Suid-Afrikaanse FM-radiostasie wat 'n Top 40-formaat volg en deur die SAUK (Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie), Suid-Afrika se openbare uitsaaier, besit word. 5FM is in Aucklandpark, Johannesburg gesetel. Die stasie saai landswyd uit, met 'n teikenmark van jeugdige Suid-Afrikaners.

Kitsfeite Eienaar ...
Remove ads

Oorsprong en geskiedenis

Die stasie het uit 'n kommersiële stasie, LM Radio wat gesetel is in Lourenço Marques (nou Maputo) in die naburige Mosambiek ontstaan. Radio 5 het vir die eerste keer op 13 Oktober 1975 op die lug verskyn, enkele maande nadat Mosambiek sy onafhanklikheid van Portugal op 25 Junie 1975 verkry het. Radio 5 is met 8 mediumgolfsenders gestig wat voorsiening gemaak het vir die popmusiek luisteraars. Die naam dui die vyfde radiostasie van die destydse SAUK aan.

In 1992 is Radio 5 herbemark en die naam is na 5FM verander. Die huidige logo is 'n rooi 5 en FM binne 'n sirkel en die woorde "The Power of" bo-aan die sirkel. Musiek is die kern van 5FM se uitsendings met nuus, sport en verkeersverslae wat voorsiening maak vir 'n wye verskeidenheid van smake vir die jeugdige mark.

5FM het drie digitale platforms waardeur dit betrokke is by sy luisteraars:

  • www.5fm.co.za (primêre digitale portaal) – Die stasie se tuisblad wat die nuutste musiek, gebeure, inligting oor optredes en die platejoggies verskaf.
  • m.5fm.co.za[dooie skakel] – Die stasie se mobiele tuiste wat sorg vir musiek, gebeure en inligting oor optredes.
  • www.youngblood5.co.za Geargiveer 4 Augustus 2009 op Wayback Machine – 'n Platform wat luisteraars aanmoedig om hul sê te sê en wat die platejoggies se liefdadigheidsbetrokkenheid dek. Dit gee ook aandag aan nie-winsgewende organisasies en aktiwiteite waarby luisteraars betrokke kan raak. Dit dien as 'n blog vir die debatering van aktuele kwessies.
Remove ads

Platejoggies

  • Angie Khumalo
  • Bongi Mbelu
  • Catherine
  • Christina Knight
  • Damon Kalvari
  • DJ Euphonik
  • DJ Fresh
  • Dudu Ramela
  • Duran
  • Elana Afrika
  • Erica Elle
  • Fix
  • Gareth Cliff
  • Grant
  • Anele
  • Jen Su

  • KB
  • Kim Schulze
  • Koula
  • Leigh-Ann Mol
  • Mabale Moloi
  • Mlu
  • Owen Hannie
  • Poppy Ntshongwana
  • Rob Vember
  • Roger Goode
  • Sasha Martinengo
  • Sias du Plessis
  • Sureshnie Rider
  • Thabo Modisane
  • Travers

Programskedules

April 2010 tot -

Meer inligting Maandae tot Vrydae ...
Meer inligting Saterdae ...
Meer inligting Sondae ...

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads