Adobe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Adobe Inc. (voorheen bekend as Adobe Systems Incorporated) is 'n Amerikaanse multinasionale sagtewaremaatskappy met sy hoofkwartier in San Jose, Kalifornië, VSA. Die maatskappy het in die verlede gefokus op die skepping van multimedia en kreatiwiteit-sagteware produkte, met 'n meer onlangse rigting na ryk Internet-toegepaste sagteware-ontwikkeling. Dit is die beste bekend vir sy "Portable Document Format" (PDF) en "Adobe Creative Suite", later "Adobe Creative Cloud".
Adobe is in Februarie 1982 deur John Warnock en Charles Geschke gestig, nadat hulle by Xerox PARC bedank het om die PostScript bladsybeskrywingstaal te ontwikkel en te verkoop. In 1985 het Apple Computer PostScript gelisensieer vir gebruik in sy LaserWriter drukkers, wat die vonk was vir die "desktop publishing"-rewolusie.
Remove ads
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Adobe.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads