Alfred Hugenberg

Duitse politikus From Wikipedia, the free encyclopedia

Alfred Hugenberg
Remove ads

Alfred Ernst Christian Alexander Hugenberg (* 19 Junie 1865 in Hannover; † 12 Maart 1951 in Kükenbruch) was 'n Duitse entrepreneur met belange in die mynbou-, krygstuig- en mediabedryf en politikus van die verregse Duits-Nasionale Volksparty (DNVP).

Kitsfeite Eerste minister, Voorafgegaan deur ...

In die eerste maande ná die Nasionaalsosialistiese magsoorname in Januarie 1933 het hy die amp van minister vir ekonomie, landbou en voeding in die eerste kabinet van Adolf Hitler beklee. Hugenberg word as die beduidendste burgerlike wegbereider van die Nasionaalsosialistiese beweging beskou. Met sy mediaonderneming het hy sowat die helfte van die Duitse pers beheer en deur middel van nasionalistiese en antisemitiese propaganda grootliks bygedra tot die opkoms en groei van verregse partye in die Weimarrepubliek.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads