Algoritme

eindige stel instruksies wat 'n sekere taak uitvoer From Wikipedia, the free encyclopedia

Algoritme
Remove ads

'n Algoritme is 'n eindige stel instruksies wat 'n sekere taak uitvoer. Die instruksies kan die toestand van 'n stelsel verander vanaf die oorspronklike toestand, na 'n voorspelbare eindtoestand. Algoritmes kan gewoonlik geïmplementeer word met 'n rekenaarprogram, en word dus gereeld geassosieer met rekenaarwetenskap, alhoewel algoritmes ook gebruik word om oplossings vir probleme te beskryf sonder dat rekenaars betrokke is.

Thumb
Beeld van Dinic se algoritme

Belangrike konsepte by algoritmes is onder andere:

  • Sekwensie (die opeenvolging van instruksies)
  • Herhaling
  • Keuse (voorwaardelike uitvoer van instruksies)

Algoritmes moet nie verwar word met rekenaarprogramme nie. 'n Algoritme beskryf die oplossing vir 'n probleem, terwyl 'n rekenaarprogram die implementasie van die oplossing is in een of ander programmeertaal.

Remove ads

Sien ook

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads