Angolaswael
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Angolaswael (Hirundo angolensis) is 'n swael en seldsame besoeker aan die grasveld en boomveld in die noorde van Namibië en Caprivistrook. In Engels staan die voël bekend as die Angola swallow.
Remove ads
Identifikasie
Die voël word 14 tot 15 cm groot en weeg 12 tot 20 gram. Dit is effens kleiner as die Europese swael. Die keel en frons is rooi; die rooi op die keel strek tot op die bors waar dit eindig in 'n smal, swart band. Die rugkant is donkerblou en die borskant is grys. Die stert is gevurk. Die jongeling is meer ligrooi as die volwasse voël.
Sien ook
Bronne
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
- Newman se Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Gedenkuitgawe 2010. ISBN 978-1-77007-877-2
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads