Kimberleykoester

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die Kimberleykoester (Anthus pseudosimilis) is 'n klein voëltjie wat endemies is aan die savanne-grasvelde in Suid-Afrika en Namibië. Hierdie voëltjie is eers onlangs beskryf (2002).[1] In Engels staan die voël bekend as die Kimberley pipit.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...
Remove ads

Identifikasie

Die voël is 18 cm lank en weeg ongeveer 32 gram. Sy vere is hoofsaaklik bruin. Dit lyk baie soos die Nicholsonse koester; die kaakstreep en gesigsmerke is oor die algemeen donkerder en duideliker. Die wenkbroue is ook breër en meer opvallend.

Die kimberleykoester soek insekte op die grond. Dit is monogaam, en die wyfie lê 2 tot 3 blou eiers.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads