Apogonidae

From Wikipedia, the free encyclopedia

Apogonidae
Remove ads

Die Kardinaalvisse (Apogonidae) is 'n familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is 22 genera met minstens 250 spesies in hierdie familie. Drie-en-vyftig van die spesies kom aan die Suider-Afrikaanse kus voor.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Genera ...
Remove ads

Kenmerke

Die familie se liggaam is reghoekig en ietwat plat en het twee afsonderlike dorsale vinne. Die bek is groot en die familie het 'n volledige sylyn. Die grootte wissel van 4 – 25 cm. Die meeste spesies is naglewend en hulle vreet klein bodem ongewerweldes en soöplankton. Hierdie familie is een van die min seevisse waar orale inkubasie beoefen word; die mannetjie dra eiers in sy mond rond. Die meeste spesies is klein en leef in en by koraalriwwe. 'n Paar spesies leef in riviermondings en ook in varswater. Kardinaalvisse pas goed aan in akwariums.

Remove ads

Genera

Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suider-Afrikaanse kus voor:

  • Apogon
  • Apogonichthys
  • Archamia
  • Astrapogon
  • Cercamia
  • Cheilodipterus
  • Coranthus
  • Foa
  • Fowleria
  • Glossamia
  • Gymnapogon
  • Holapogon
  • Lachneratus
  • Mionorus
  • Neamia
  • Ostorhinchus
  • Paxton
  • Phaeoptyx
  • Pseudamia
  • Pseudamiops
  • Pterapogon
  • Rhabdamia
  • Siphamia
  • Sphaeramia
  • Taeniamia
  • Vincentia
Remove ads

Sien ook

Bron

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads