Armene

From Wikipedia, the free encyclopedia

Armene
Remove ads

Die Armene of Armeniërs (Armeens: հայեր, hayer [hɑˈjɛɾ]) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Armenië en dele van die Midde-Ooste wat Armeens, 'n Indo-Europese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm naas die Azerbeidjanners die tweede grootste inheemse etniese groep in die Kaukasus-streek en die titulêre nasie van Armenië, waar hulle sowat 98% van dié land se bevolking uitmaak.

Thumb
Hayk, die legendariese stigter en apostel van die Armeense nasie – skildery deur Mkrtum Hovnatanian (1779–1846)
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Armeens.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...

Die meeste Armene is aanhangers van die Armeens-Apostoliese Kerk, die wêreld se oudste nasionale kerk. Die Christendom het kort ná Jesus Christus se dood Armenië bereik as gevolg van die twee apostels Thaddeüs en Bartolomeüs se suksesvolle pogings.[30] In die 4de eeu het die Koninkryk van Armenië die eerste land geword wat die Christendom as 'n staatsgodsdiens aanvaar het, nog voor die destydse Romeinse Ryk.[31] Armene woon al meer as 1 500 jaar in die Ou Stad van Jerusalem, gesentreer rondom die Armeense klooster.[32]

As gevolg van die Armeense volksmoord (1915–1916) in die Ottomaanse Ryk tydens die Eerste Wêreldoorlog het 'n groot Armeense diaspora in Westerse lande en die destydse Russiese Ryk gevestig.[33] Wêreldwyd leef tussen 6 en 8 miljoen Armene, waarvan meer as 3 miljoen in Armenië, tussen 1,2 en 2,9 miljoen in Rusland, tussen 483 366 en 1,5 miljoen in die Verenigde State en tussen 250 000 en 750 000 in Frankryk. Die klein Armeense gemeenskap in Suid-Afrika word op sowat 200 siele beraam.[34]

Vir dekades het Armene ook die meerderheid in die Republiek Artsach gevorm met meer as 100 000 individue, maar hulle is sedert 'n Azerbeidjanse militêre offensief in 2023 byna heeltemal uit die gebied verdryf.[35]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads