Atjehs

From Wikipedia, the free encyclopedia

Atjehs
Remove ads

Atjehs of Acehnees (Bahsa/Basa Acèh, بهسا اچيه, [bahsa at͡ʃeh]; letterlik: "taal van Atjeh") is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië op die eiland Sumatra van Indonesië asook deur Atjehs-emigrante in die Maleisiese deelstaat Kedah gepraat word. Die taal word tans deur sowat 3,5 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Atjehs of Acehnese. Dit word met die Latynse of die Arabiese alfabet geskryf. Die Arabiese alfabet is deur Arabiese handelaars na Atjeh saamgebring, terwyl tydens die bestaan van Nederlands-Indië die Latynse alfabet in algemene gebruik gekom het.

Thumb
Hikayat Prang Sabi in Atjehs in die Arabiese alfabet geskryf

 

Kitsfeite Atjehs, Acehnees Bahsa/Basa Acèh, بهسا اچيه, Taalbedreigingstatus ...

Atjehs word veral in die provinsie Atjeh op die westelike deel van die eiland Sumatra, hoofsaaklik langs die noordelike en westelike kus, gepraat. Dit was eens die amptelike taal van die Sultanaat Atjeh wat groot gebiede van dié streek oorheers het.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads