Australorp

From Wikipedia, the free encyclopedia

Australorp
Remove ads

Die Australorp is 'n Australiese hoenderras wat in die jare negentien-twintig ontstaan het. Veral die Orpington het 'n groot invloed op die vorming van die ras gehad.

Thumb
Wit Australorphaan
Thumb
Swart Australorphaan
Thumb
Swart Australorphen

Die Australorp is 'n middelswaarras met 'n redelik breë liggaam. Die hoenders het verhoudingsgewys 'n klein kop en 'n mediumgroot stert. Hulle word in die kleure swart, wit en gesoomde blou geteel.

Die Australorp staan bekend vir sy goeie eierproduksie, maar die ras is ook geskik vir die lewering van vleis. Dit is rustige diere wat maklik getem word en nie hoog vlieg nie. Juis as gevolg van hierdie eienskappe is die Australorp ook 'n gewilde stokperdjieras.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads