Barnim

From Wikipedia, the free encyclopedia

Barnim
Remove ads

Barnim is 'n plato wat gedurende die laaste ystydperk in sentrale en noordoostelike dele van die huidige Duitse deelstaat Brandenburg en die noordooste van Berlyn gevorm is. Die term word daarnaas ook gebruik om na die gebied as historiese landskap te verwys.

Hierdie artikel handel oor die plato en landskap in Berlyn en Brandenburg. Vir die administratiewe distrik, sien Barnim.
Thumb
Barnim: die Tegeler Fließ-vallei tussen die Berlynse stadsdeel Lübars en Schildow in Brandenburg
Thumb
Die raadsaal van Biesenthal

Die plato maak deel uit van 'n wyer geografiese streek van plato's en oerstroomvalleie in Brandenburg en bestaan uit grondmorenes, 'n eindmorene en afsettings van glasiale spoelwater tussen die Berlynse Oerstroomvallei in die suide en die Eberswalde-oerstroomvallei in die noorde.

Barnim strek tans oor vier landelike distrikte in die deelstaat Brandenburg (Oberhavel, Barnim, Märkisch-Oderland en Oder-Spree) en groot dele van die Berlynse distrikte Reinickendorf, Pankow, Lichtenberg en Marzahn-Hellersdorf.

Remove ads

Eksterne skakels

52°40′N 14°15′O

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads