Belize

From Wikipedia, the free encyclopedia

Belize
Remove ads

Belize (voorheen: Brits-Honduras; Engels: [bəˈliːz], ; Spaans: Belice) is 'n land in Noord-Amerika en is die enigste Sentraal-Amerikaanse land waar Engels pleks van Spaans as 'n amptelike taal gebruik word. Belize beslaan 'n oppervlakte van 22 966 km² en het 'n bevolking van 419 199 in 2020 gehad. Belize grens in die noordweste aan Meksiko, in die suidweste aan Guatemala en in die ooste aan die Karibiese See. Die hoofstad is Belmopan en die grootste stad is Belize-stad.

Thumb
Nasa-Satellietbeeld van Belize
Thumb
Kaart van Belize
Thumb
Topografiese kaart van Belize
Kitsfeite

Belize se naam is ontleen aan die oos-vloeiende Belize-rivier wat naby Belize-stad in die Karibiese See uitmond. Dié rivier is deur die Dominikaanse priester Fray José Delgado in 1677 "Río Balís" genoem, afgelei van die Majaanse woord belix of beliz vir "modderwater".[7]

Nes die hele Yucatán-skiereiland is Belize deur Maja bevolk en het darem deel uitgemaak van Meso-Amerika. Die Spaanse conquistadores het die skiereiland verower, maar weens 'n gebreek aan natuurlike hulpbronne die gebied nie by die Spaanse Ryk ingelyf nie. Met die ondertekening van die Vrede van Parys in 1783 het Belize onder die invloed van die Koninkryk van Groot-Brittanje gekom en toe die kolonie Brits-Honduras geword. Vervolgens is dit by die Britse Ryk ingelyf, ondergeskik aan die Britse goewerneur van Jamaika. Nadat in 1961 die destydse hoofstad Belize-stad deur die orkaan Hattie verwoes is, is in die sentrum van Brits-Honduras begin met die oprigting van 'n nuwe hoofstad wat op 1 Augustus 1970 as Belmopan amptelik gestig is en sedertdien as hoofstad dien.

Op 21 September 1981 het Belize van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Belize is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Charles III van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land.[8] Guatemala se aanspraak op sy grondgebied bly spanning veroorsaak.[9] Die land beskik oor 'n besondere biodiversiteit en 'n florerende toerismebedryf. Die koraalriwwe langs die kus is gewild by duikers.

Remove ads

Klimaat

Belize het 'n laagliggende, moerasagtige kusvlakte en lae berge in die suide. Die klimaat is tropies, warm en vogtig. Die reënseisoen is van Mei tot Desember.

Demografie

Belize beskik oor 'n diverse bevolking, waarvan die meerderheid Mestizo (52,9%), gevolg deur Kreole (25,9%) en Maja-Indiane (11,3%). Die belangrikste tale sluit in Engels (62,9%), Spaans 56,6%, Kreools (44,6%) en Majaans (10,5%).[1]

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads