Boeing
Amerikaanse maatskappy wat vliegtuie en militêre toerusting vir verdediging, lug- en ruimtevaart vervaardig From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Boeing (The Boeing Company) is 'n Amerikaanse maatskappy wat vliegtuie en militêre toerusting vir verdediging, lug- en ruimtevaart vervaardig. Sy passasiersvliegtuie (soos die Boeing 737 en 747) word deur lugdienste oor die hele wêreld gebruik.[3]



Die maatskappy is in 1916 deur William Edward Boeing in Seattle, Washington gestig. In 1997 het hulle hul belangrikste mededinger, McDonnell Douglas, gekoop. Boeing se hoofkantoor is vanaf 2001 in Chicago, Illinois in die Verenigde State, met sy grootste vervaardigingsfasiliteite naby Seattle.
In 2015 het die maatskappy 'n omset van byna VS$ 100 miljard gehad, waarvan twee derdes vanaf siviele passasiers- en vragvliegtuie afkomstig was.[4] Boeing lewer in hierdie jaar 762 vliegtuie en het teen die einde van die boekjaar kontrakte gehad om 'n verdere 5 800 vliegtuie te lewer.[4] In 2020 het die maatskappy 161 133 werkers in diens gehad.[2] As gevolg van 'n dalende vraag na passasierstralers, wat herstrukturering nodig maak, het Boeing in Mei aangekondig dat sowat tien persent van die werksgeleenthede verlore sal gaan.[5]
Remove ads
Lys van Boeing se passasiersvliegtuie
Onttrekte vliegtuie
In gebruik
- Boeing 707
- Boeing 717
- Boeing 727
- Boeing 737
- Boeing 747-400
- Boeing 747-8
- Boeing 757
- Boeing 767
- Boeing 777
- Boeing 787 Dreamliner
Toekomstige vliegtuie
- Boeing Yellowstone Project (Boeing Y1, Y2 en Y3)
Militêre vliegtuie
Onbemande vliegtuie
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads


