Breedte

is die afstand tussen die twee verste kantsye van die voorwerp, reghoekig met die lengte gemeet From Wikipedia, the free encyclopedia

Breedte
Remove ads

Die breedte van 'n voorwerp is die afstand tussen die twee verste kantsye van die voorwerp, reghoekig met die lengte gemeet. By 'n motorvoertuig, is dit bv. die afstand tussen die bakwerk aan die linkerkant en die regterkant. Dit is gewoonlik kleiner as die lengte, wat van voor na agter van die voorwerp gemeet word.

Thumb
Die lengte en breedte van 'n reghoek

Die breedte van 'n voorwerp is 'n belangrike maat om te bepaal of die voorwerp binne iets anders sal inpas, bv. 'n kar in 'n motorhuis, of 'n vragmotor deur 'n hek. Die breedte van treine en lokomotiewe is ook belangrik; dit bepaal of hulle op 'n sekere spoorbreedte sal kan funksioneer, en of hulle vrylik by stasies se peronne, asook ander treine, sal kan verbybeweeg.

Remove ads

Sien ook

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads