Bromvoëls
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Bromvoëls (Bucorvidae) is 'n familie van voëls wat aan die orde Coraciiformes behoort. Die familie is monotipies en bestaan uit slegs een genus, Bucorvus, wat twee spesies bevat: die Suidelike en Noordelike bromvoëls.
Hierdie familie is nou verwant aan die familie van neushoringvoëls (Bucerotidae) waaraan die bromvoëls vroeër behoort het. Hulle gedrag verskil egter grotendeels van neushoringvoëls. Bromvoëls lewe hoofsaaklik op die grond en het 'n lang kruis-klank. Hulle soek kos in oop landskappe, terwyl neushoringvoëls hoofsaaklik bosvoëls is.
Remove ads
Spesies
Die genus bestaan uit twee spesies:[1]
- Bucorvus leadbeateri (Bromvoël of Suidelike bromvoël)
- Bucorvus abyssinicus (Noordelike bromvoël)
Die twee spesies van bromvoëls lyk baie na mekaar en is omtrent ewe groot. 'n Opvallende verskil is die "horing" op die bo-snawel. Die noordelike bromvoël het 'n buisvormige, hol en afgeknotte "horing", terwyl die suidelike bromvoël s'n glad en geleidelik afloop.
Remove ads
Fotogalery
- Suidelike bromvoël met sy gladde "horing"
- Noordelike bromvoël met afgeknotte "horing"
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads