Bulgaars-Ortodokse Kerk

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bulgaars-Ortodokse Kerk
Remove ads

Die Bulgaars-Ortodokse Kerk (Bulgaars: Българска православна църква; Balgarska prawoslawna tsarkwa) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk. Dit is in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke. Die primaat van die kerk het die titel Metropoliet van Sofia en Patriarg van die hele Bulgarye.

Kitsfeite

Die kerk het sowat 6,5 miljoen lede in Bulgarye en tussen 1,5 en 2 miljoen lede in verskeie Europese lande, Noord- en Suid-Amerika en Australië. Die erkenning van die outokefale Bulgaarse patriargaat in 927 deur die Patriargaat van Konstantinopel maak die kerk die oudste Slawies-Ortodokse kerk in die wêreld.

Die Bulgaars-Ortodokse Kerk word ingedeel in 13 bisdomme in Bulgarye en nog twee in Wes- en Sentraal-Europa, Amerika, Kanada en Australië. Die bisdomme word opgedeel in 58 distrikte en die distrikte in 2 600 gemeentes.

Remove ads

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads