Bursa

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bursa
Remove ads

Bursa is ’n stad in Noordwes-Turkye en die hoofstad van die Bursa-provinsie. Met sy bevolking van 2 562 828 in 2007, is dit die land se vierde grootste stad. Bursa is in 2014 saam met Cumalıkızık deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Bursa
Thumb

Kaart Wapen
Thumb
Vlag
 Land Vlag van Turkye Turkye
 Région (Admin. gewes) Bursa
 Département
 Koördinate 40°11′10″N 29°04′00″O
 Stigting 188 v.C./187 v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 1 036 vk km
 Hoogte bo seevlak 100 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2007) 1 431 172
 - Bevolkingsdigtheid 1 381/vk km
 - Aire urbaine 2 562 828
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester (2008–2014) Recep Altepe (AKP)
 Amptelike webwerf www.bursa.bel.tr

Bursa is aan die noordwestelike hange van Berg Uludağ in die suidelike Marmara-streek geleë. Daar word dikwels na die stad verwys as "Yeşil Bursa" ("Groen Bursa") vanweë sy talle parke en tuine, asook die groot woude in die omliggende gebied. Die stad is sinoniem met Berg Uludağ, ’n gewilde ski-oord, wat bo hom uittroon.

Daar is talle mausoleums van vroeë Ottomaanse sultans en ander geboue uit dié tyd. Die omringende vrugbare vlakte, sy warmbaddens en verskeie interessante museums, veral die argeologie-museum, is elemente waarvoor Bursa bekend is.

Remove ads

Galery

Notas

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Bursa

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads