Chiangtsi

From Wikipedia, the free encyclopedia

Chiangtsi
Remove ads

Chiangtsi of Xiangqi (象棋) is 'n Chinese tweespelerbordspel in dieselfde familie as Westerse skaak, Japannese shogi, Indiese tsjatoeranga en Koreaanse janggi. Die hedendaagse vorm van chiangtsi het in China ontwikkel en word daarom algemeen Chinese skaak genoem. Die eerste karakter 象 Chiàng het in die geval die betekenis "beeld" of "voorstellend", dus kan Chiangtsi letterlik vertaal word as "uitbeeldende skaak". Die spel word soms "olifantskaak" genoem volgens die alternatiewe betekenis van 象 as "olifant". Die naam word ook soms "Hsiang-k'i" gespel.

Thumb
Aanvanklike opstelling van 'n Chiangtsispel

Die spel beeld die stryd tussen twee leërs uit met die doelwit om die vyand se "generaalstuk" te buit. Chiangtsi is een van die mees gewilde bordspele in China. Onderskeidende eienskappe van chiangtsi sluit in die unieke beweging van die pao ("kanonstuk"), 'n reël wat die generaals verbied om reg teenoor mekaar te staan en die rivier en paleis bordeienskappe wat die beweging van sommige stukke beperk.

Benewens China en gebiede met beduidende etnies-Chinese bevolkings is Chiangtsi ook gewild in Viëtnam.

Remove ads

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Chiangtsi.
  • (en) "Chinese chess". Encyclopædia Britannica. Besoek op 4 Augustus 2024.
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads