Christopher Reeve

From Wikipedia, the free encyclopedia

Christopher Reeve
Remove ads

Christopher D'Olier Reeve (25 September 1952 - 10 Oktober 2004) was 'n Amerikaanse akteur, rolprentregisseur, -vervaardiger, draaiboekskrywer, skrywer en aktivis wat veral met sy vertolking van die fiktiewe held Superman in 1978 internasionale bekendheid verwerf het.

Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...

'n Perdryongeluk tydens 'n wedren in Culpeper, Virginië, op 27 Mei 1995 het Reeve verlam gelaat. Vir die res van sy lewe het hy 'n rolstoel en 'n asemhalingsapparaat nodig gehad. Hy het daarna as 'n aktivis vir die belange van mense met rugmurgbeserings opgetree en hom vir menslike stamselnavorsing beywer. Hy het sy eie stigting, die Christopher Reeve-stigting, in die lewe geroep en was medestigter van die Reeve-Irvine-navorsingsentrum.

In April 1992 het Reeve met Dana Morosini (1961-2006) getrou. Hul seun, William Elliot Reeve, is op 7 Junie 1992 gebore. Reeve het nog twee kinders, Matthew Exton Reeve (* 1979) en Alexandra Exton Reeve (* 1983), uit sy vroeëre verhouding met sy vriendin van baie jare Gae Exton gehad.

Christopher Reeve is op 10 Oktober 2004 ná 'n hartstilstand oorlede.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads