Chrome OS

Linux-gebaseerde bedryfstelsel wat deur Google ontwikkel is From Wikipedia, the free encyclopedia

Chrome OS
Remove ads

Chrome OS, ook Google Chrome OS of Google Operating System (kort Google OS) genoem, is 'n bedryfstelsel wat deur die Amerikaanse onderneming Google LLC ontwerp en op 15 Junie 2011 vrygestel is. Chrome OS het oorspronklik op suiwer webtoepassings gefokus. Terwyl gebruikers steeds die meeste voordeel uit die bedryfstelsel trek as hul rekenaars aan die internet gekoppel is, is daar intussen ook toepassings wat geen internetverbinding meer vereis nie. 'n Google-rekening bied toegang tot 'n verskeidenheid dienste wat aanlyn verskaf word. Omdat Chrome OS se looptydstelsel op Native Client baseer, is dit ook geskik vir Android-toepassings. 'n Lys met Chrome OS-rekenaars, waarop Android-toepassings uit die Google Play-aanlynwinkel gelaai kan word, word deur Google aanlyn beskikbaar gestel.[1] Linux-toepassings loop in 'n virtuele masjien.

Thumb
'n Acer-Chromebook-skootrekenaar met die Chrome-embleem
Thumb
'n Tafelrekenaar met Chrome OS as bedryfstelsel is in 2013 deur LG bekendgestel. Chrome OS-tafelrekenaars word as Chromeboxes bemark
Thumb
Die eerste Chromebit-passtuk is in 2015 deur Asus bekendgestel. Dit word per HDMI met 'n televisie- of rekenaarskerm verbind om dit in 'n rekenaar te omskep
Thumb
Chromebook-skootrekenaars in 'n Amerikaanse klaskamer
Kitsfeite Ontwikkelaar, Webblad ...

Chrome OS baseer op die oopbronbedryfstelsel Chromium OS wat eweneens deur Google LLC ontwikkel is. As Chromium OS se kommersiële variant word dit deur die vervaardigers van hardeware as 'n alternatief tot Windows 10 en macOS op skoot- en enkele tabletrekenaars geïnstalleer. Chrome OS is daarnaas 'n opsie vir gebruikers van ouer Apple-rekenaars wat om tegniese redes (soos byvoorbeeld verouderde fermatuur) nie meer met die nuutste macOS-bedryfstelsels opgedateer kan word nie.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads