Corfu

From Wikipedia, the free encyclopedia

Corfumap
Remove ads

Corfu of Korfoe (Grieks: Κέρκυρα, Kerkura/Kerkira/Kerkyra, [ˈcercira], Latyns: Corcyra; Italiaans: Corfù) is ’n eiland in die Ioniese See noordwes van Griekeland en suidwes van Albanië. Die eiland het 'n oppervlakte van 1 540 km² en 'n bevolking van 102 071 (2011), van wie ongeveer 'n derde in die gelyknamige hoofstad woon. Die gelyknamige departement omvat die eiland Corfu en enkele ander eilande. Corfu is ’n gewilde toeristebestemming.[1]

Kitsfeite Corfu Inheemse naam: Κέρκυρα, Geografie ...
Remove ads

Geskiedenis

Thumb
Corfu-stad
Thumb
Kus

In antieke tye was Corfu 'n kolonie van Korinthe. Hierdie kolonie was een van die oorsake vir die begin van die Peloponnesiese oorlog. Later het die eiland deel van die Romeinse Ryk geword. Dit was ook op 'n tyd deel van die Bisantynse Ryk gewees.

Die eiland is al deur baie lande beheer. In die dertiende eeu het die Venesiërs beheer oor die eiland geneem en dit tot 1797 regeer. Gedurende hierdie tyd het die Ottomane die eiland twee keer aangeval (in 1537 en weer in 1716). Onder Napoleon Bonaparte se bewind het die Franse die eiland oorgeneem. Hulle het egter beheer in 1799 aan die Russe en Turke verloor. Daarna is die eiland in 1807 aan Frankryk teruggegee en in 1815 aan Engeland oorhandig. In 1864 het die Verenigde Koninkryk Corfu saam met die ander Ioniese eilande aan Griekeland oorgedra.

In die negentiende eeu het keiserin Elisabeth van Oostenryk, ook bekend as Sissi, 'n paleis op die eiland gebou. Die paleis staan as Achilleion bekend. Die naam van die paleis kom van 'n beeld van die held Achilles.

Remove ads

Toerisme

Corfu is 'n gewilde toeristebestemming en een van die mees besoekte eilande in die Middellandse See. Die eiland het talle strande, woude en olyfbome.

Corfu-stad het 'n outydse karakter met talle Venesiese, Napoleontiese en Georgiese geboue. In 2007 is die ou kwartier van die stad deur Unesco as wêrelderfenisgebied verklaar.[2]

Die Achilleion-paleis is 'n bekende trekpleister vir toeriste. Daarnaas beskik die eiland oor talle dorpies, strande en bekende kastele.

Remove ads

Klimaat

Meer inligting Maand, Jan ...

Bron: Weather Channel 7 September 2008

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads