Curium

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Curium is 'n chemiese element met die simbool Cm en atoomgetal 96. Dit is 'n silwerige aktinied.

Meer inligting Algemeen, Fisiese eienskappe ...
Remove ads

Ontdekking

In 1944 is curium vir die eerste keer vervaardig deur Glenn Seaborg, Ralph James en Albert Ghiorso aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley en geïdentifiseer deur navorsers van die Argonne National Laboratory in Chicago. Deur plutonium in 'n siklotron te bombardeer met α-deeltjies ontstaan ​​242Cm. Drie jaar later slaag Louis Werner en Isadore Perlman daarin om 'n waarneembare hoeveelheid curiumhidroksied te produseer. In 1951 is curium vir die eerste keer in suiwer basiese vorm geproduseer. Curium is vernoem na Marie Curie uit respek vir die werk wat sy verrig het op die gebied van radioaktiwiteit.

Remove ads

Toepassings

Curium is slegs in beperkte mate beskikbaar en word daarom feitlik uitsluitlik vir wetenskaplike doeleindes gebruik. Daar bestaan ​​vermoedens dat curium gebruik kan word as 'n hittebron. Curium is ook toegepas as α-bron vir die Alpha Proton X-Ray Spectrometer wat na die planeet Mars gestuur is.

Eienskappe

Sommige curiumisotope (soos 248Cm) is tot op hede slegs in orde van milligramme geproduseer. Van ander isotope (bv. 242Cm en 244Cm) is groter hoeveelhede geproduseer en sodoende kan daar ondersoek gedoen word na die eienskappe van hierdie element. Verskeie verbindings van curium is bekend en beskryf, soos curium-3-oksied en kurium-3-chloried. Chemiese gesien vertoon curium baie ooreenkomste met gadolinium, maar die kristalstruktuur is kompleks.

Verskyning

In uiters klein hoeveelhede word curium aangetref in uraanerts as gevolg van natuurlike verval. Hierdie hoeveelhede is kommersieel gesien nie noemenswaardig nie. Vir wetenskaplike en industriële toepassings word curium geproduseer deur plutonium te bombardeer met neutrone.

Isotope

Meer inligting Stabielste isotopen, Iso ...

Daar is 19 radioaktiewe curiumisotope bekend. Met 'n halfleeftyd van so 16 miljoen jaar is 247Cm die stabielste.

Remove ads

Toksikologie en veiligheid

Aangesien curium nie in noemenswaardige hoeveelhede in die biosfeer aangetref word nie, is die risiko's in die natuur klein. In kernnavorsingslaboratoria waar curium wel voorkom moet dit met groot versigtigheid behandel te word, omdat curium hom in botstrukture kan ophoop waarna dit as gevolg van die radioaktiwiteit rooibloedselle kan vernietig.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads