DVD
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
DVD is 'n formaat vir optiese stoorskywe, wat soos die kompakskyf (CD) uit polikarbonaat bestaan, 'n deursnee van 12 sentimeter en 'n dikte van 1,2 millimeter het. In teenstelling met die CD word dit egter uit twee plate van 0,6 millimeter elk vervaardig, wat die aftasting met 'n laserstraal minder moeilik maak. Die twee kante van 'n DVD-skyf kan albei twee lae met inligting bevat en bied derhalwe 'n stoorkapasiteit wat 25 keer groter kan wees as dié van die CD. Die oordragsnelheid van die DVD is eweneens vertienvoudig.



Aanvanklik staan die afkorting DVD vir Digital Video Disc (Digitale Videoskyf), maar dit word gewysig tot Digital Versatile Disc (Digitale Veelsydige Skyf) nadat die medium ook as lees- en stoormedium vir rekenaars en as medium vir oudio-toepassings bekend gestel word.
Die DVD-standaarde word ontwikkel en beheer deur die DVD-Forum, 'n werkgroep van die vernaamste vervaardigers van harde- en sagteware.
Die formaat DVD-Video is in 1996 op die Japanse en Noord-Amerikaanse markte ingevoer.
Remove ads
DVD-formate
DVDs is tans in nege verskillende formate beskikbaar (die HD-DVD word in 2005 ingevoer, BluRay sal HD-DVD 'verfang' en is in 2008 befestig):
Remove ads
DVD-formate sonder goedkeuring van die DVD-Forum
- +R, +R-DL, +RW: Om lisensiegelde te bespaar en ook om een of ander versoenbaarheidsprobleem op te los, het Philips variante - die sogenaamde +RW-formate - ingevoer. Hulle is min of meer vergelykbaar met die bogenoemde formate, word egter nie deur die DVD-Forum erken nie (daar is dus ook geen "DVD"-kenteken op die verpakking nie). Die +R-DL (Dual Layer) is 'n dubbellaag-formaat wat sowat 8.54 GB in twee lae kan stoor. +R-DL-media en DVD-aandrywers is sedert 2004 beskikbaar.
- Ondanks sy misleidende naam baseer ook die Super Audio CD op die DVD-ROM-formaat.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met DVD. |
Remove ads
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads