Dahlem

From Wikipedia, the free encyclopedia

Dahlemmap
Remove ads

Dahlem is 'n stadsdeel in die administratiewe distrik Steglitz-Zehlendorf van Berlyn.

Kitsfeite Land, Deelstaat ...

Dahlem is een van die welvarendste woongebiede in die Duitse hoofstad en het sy oorsprong in 'n middeleeuse dorp wat in die vroeë 13de eeu gestig is. Die huidige residensiële voorstad is in die suidweste van Berlyn geleë, tussen die stadsdele Zehlendorf en Steglitz, Lichterfelde-West en die bosgebied Forst Grunewald.

Die stadsbeeld van Dahlem word deur 'n groot aantal villa's, parke en tuine oorheers. In die laat 19de en vroeë 20ste eeu is Dahlem met die vestiging van tersiêre instellings en musea stelselmatig tot 'n soort "Duitse Oxford" ontwikkel. Die stadsdeel huisves vandag steeds 'n verskeidenheid wetenskaplike en akademiese instellings, waaronder die Freie Universität Berlin, een van die grootstes in Duitsland, en 'n museumkompleks wat deur die stigting Staatliche Museen zu Berlin bestuur word en een van die beduidendste etnologiese versamelings ter wêreld huisves.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads