Daimler
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Daimler AG (Duits: [ˈdaɪmlɐ aːˈɡeː], , voorheen DaimlerChrysler AG, is 'n transnasionale maatskappy in die motor-industrie. Voor die samesmelting met Chrysler het die besigheid Daimler-Benz AG geheet. Die fabrikaat sluit groot en duur motorvoertuie in, met 'n reputasie dat welgestelde, ouer mense dit graag bestuur.[4][verwysing benodig]
In 2014 was die maatskappy se omset € 130 miljard en het hulle 2,5 miljoen voertuie vervaardig, waarvan 1,7 miljoen passasiersmotors was.[5] In dieselfde jaar het die maatskappy 280 000 werknemers in diens gehad, waarvan ongeveer 180 000 in Europa was.[5] In die periode 2010 tot 2014 het Daimler meer as € 10 miljard per jaar geïnvesteer, waarvan ongeveer die helfte aan navorsing en ontwikkeling, en die ander helfte aan produksiefasiliteite en oornames spandeer is.[5]
DaimlerChrysler, die maatskappy se voorganger, is in 1998 gevorm toe Daimler-Benz met die Amerikaanse motorvervaardiger Chrysler saamgesmelt het. Hulle het onder meer Mercedes-Benz-, Chrysler- en Jeep-voertuie vervaardig. Die Chrysler-aandeel is egter weer in 2007 verkoop.
Remove ads
Handelsmerke
Motorvoertuie


- Mercedes-Benz (saamgestel uit die name "Mercedes" en "Benz".)[6]
- Mercedes-AMG
- Smart
Vragmotors
- Mercedes-Benz
- Freightliner
- Western Star
- Saurer
- Sterling
- Mitsubishi Fuso
Busse
- Evobus
- Mercedes-Benz
- Setra
Dienste
- Motoronderdele Car2Go[7]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads