Darius Dhlomo
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Darius Mfana Temba Dhlomo (* 9 Augustus 1931 – † 13 Junie 2015) was 'n Suid-Afrikaanse sokkerspeler, akteur, bokser, musikant en politieke aktivis.
Naas sy boksloopbaan het hy uitgedraf as kaptein van die Baumannville City Blacks en die Natalse provinsiale sokkerspan. In 1958 het hy na Nederland verhuis om vir SC Heracles te speel. By Heracles was hy saam met Steve Mokone die eerste swart Suid-Afrikaners in 'n Europese sokkerliga.
Met sy debuutwedstryd teen Rigtersbleek het hy onder die paviljoen verklee. Hy het nie besef dat Nederland nie 'n apartheidsbeleid toepas nie. Die aanvaller Joop Schuman het hom ingelig dat hy saam met sy wit medespelers kan aantrek.
In Nederland het hy ook vir Vitesse Arnhem, DHC Delft, HVV Tubantia en Enschedese Boys gespeel. By die Enschedese Boys het hy saam met die Nederlandse sokkerlegende Abe Lenstra uitgedraf.
Dhlomo was ook 'n aktiewe lid van die African National Congress. Daarom kon hy nie voor 1992 na Suid-Afrika terugkeer nie. Hy het in Enschede aangebly en was in Nederland 'n aktiewe lid van die Partij van de Arbeid.
In die Nederlandse rolprent De Zwarte Meteoor (oor die lewe van Steve Mokone, 2000) het Dhlomo die rol van Steve Mokone vertolk.
Remove ads
Eksterne skakels
- Boksstatistiek van Dhlomo op boxrec.com Geargiveer 17 Oktober 2012 op Wayback Machine
- Darius Dhlomo in die Internet-rolprentdatabasis
- "Opmerkelijk dat velen mij kennen", Trouw, 23 April 1992
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads