Denis Diderot

Franse skrywer en verligtingsfilosoof From Wikipedia, the free encyclopedia

Denis Diderot
Remove ads

Denis Diderot (* 5 Oktober 1713 in Langres (Champagne-Ardenne); † 31 Julie 1784 in Parys) was 'n Franse skrywer en Verligtingsfilosoof. Diderot het in die skadu van ander Europese filosowe van die Verligtingstydperk gestaan soos Voltaire en Jean-Jacques Rousseau, maar saam met Jean-Baptiste le Rond d'Alembert bekendheid verwerf as redakteur van die groot Franse Encyclopédie ou Dictionnaire raisonné des sciences, des arts et des métiers.

Kitsfeite Gebore, Oorlede ...
Thumb
Diderot se reis vanaf Parys tot Sint Petersburg (1773–1774). Die blou lyn vertoon die reis tot Sint Petersburg vanaf 11 Junie 1773 tot 8 Oktober 1773 en die rooi lyn vertoon die terugkeer ná Parys tussen 5 Maart 1774 en 21 Oktober 1774

Diderot was 'n verteenwoordiger van die materialistiese stroming binne die Franse Verligtingsfilosofie wat alle dinge op suiwer kousale verhoudings teruggevoer het. In sy vroeë geskrifte en romans (waaronder Pensées philosophiques of "Filosofiese gedagtes", 1746) het Diderot kwessies rondom menslike insigvermoë en die moontlikheid van sekere kennis en waarheid behandel.

Sy filosofiese romans weerspieël sy skeptiese lewensbeskouing. Diderot lewer hier kritiek op bestaande magstrukture en ontwikkel die idee van 'n ideale en vrye samelewing waarin die mens as indiwidu sentraal staan. Diderot word met sy oortuigings as een van die wegbereiders vir die Franse Rewolusie beskou.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads