Devanagari
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Devanagari (देवनागरी), ’n samestelling van Deva en Nagari), ook Nagari genoem na sy voorloper-taal, is ’n abugida van Indië en Nepal. Dit word geskryf van links na regs, het nie hoof- en kleinletters nie en word onder meer uitgeken aan die horisontale lyn wat aan die bokant van volle letters loop. Dit is die hoofskrif wat gebruik word vir Hindi, Sanskrit en ’n hele paar ander tale.
Devanagari is deel van die Brahmi-skriffamilie van Indië, Nepal, Tibet en Suidoos-Asië.[5] Dit is afgelei van die Nagari-skrif, wat weer afgelei is van die Goepta-skrif.[5] Die gebruik van die naam "Devanagari" het redelik onlangs ontstaan en die naam "Nagari" word nog dikwels gebruik.
As ’n Brahmi-abugida is die basiese beginsel van Devanagari dat elke letter ’n konsonant voorstel, wat die ingeboude klinker schwa (/ə/) bevat. Die letter क word dus gelees as /kə/, die twee letters कन as /kənə/ en die drie letters कनय as /kənəjə/, ens. Ander klinkers word aangedui deur die vorm van die konsonante te verander.
As die skrif met die hand geskryf word, word die letters geskryf sonder die horisontale streep boaan, wat eers bygevoeg word as die hele woord voltooi is.
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Bronne
Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
