Dinge Van 'n Kind
Suid-Afrikaanse TV-reeks From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Dinge Van 'n Kind is 'n Afrikaanse dramareeks wat op KykNET, DStv kanaal 144 uitgesaai word.
Die reeks word Dinsdagaande om 20:00 uitgesaai.
Die reeks is gegrond op Die dinge van ‘n kind, uit die pen van die bekroonde skrywer Marita van der Vyver.
In dié reeks van tien episodes ontmoet kykers vir Mart Vermaak. Die ontnugtering van haar grootwordjare vind plaas teen die politiese agtergrond van die onstuimige laat 1970’s, terwyl ’n ouer Mart haarself in ’n ontnugtering van ’n ander aard bevind.
Remove ads
Produksie
In die roman Die dinge van ’n kind leer lesers Mart sowel as tiener en as ’n vrou in haar dertigs ken wat as ’n expat in Londen woon. In die TV-reeks ontmoet kykers egter ook ’n heelwat ouer Mart wat haar weer in Suid-Afrika gevestig het. Van der Vyver is entoesiasties oor die TV-reeks: “My boeke is al voorheen in toneelstukke en rolprente verander, maar dis die eerste keer dat een van my romans ’n TV-reeks word. Ek voel so opgewonde soos enige eerste keer selfs ’n ou skrywer soos ek kan laat voel.”
Die boek Die dinge van ’n kind het in 1994 verskyn. Daar was reeds twee oplae van die eerste hardebanddruk en daarna ongeveer drie oplaes van die sagtebanddruk tussen 2005 en 2011, en ’n nuwe sagtebanddruk in 2016. Dit is ook al in Engels, Nederlands en Duits vertaal.
Die dramaturg Harry Kalmer het in die 1990’s die boek in ’n gelyknamige opvoering vir die KKNK verwerk. Dit is ook in 2019 in ’n eenvrouvertoning omskep met Cintaine Schutte wat die rol van Mart vertolk. Die teks vir hierdie weergawe is deur Francois Toerien geskryf en Alexa Strachan was die vervaardiger.
Die temas wat fyn deur die boek en teaterstuk verweef is, vorm ook die ruggraat van die TV-reeks. Schutte het in ’n onderhoud met die webwerf LitNet oor die eenvrouvertoning gesê: ‘“Hoewel Die dinge van ’n kind in die 1970’s afspeel, is dit steeds relevant in vandag se tye. Dit vang temas van tienerskap, hormone en grootwordjare, asook vriendskap vas. Ek dink die grootste vraag wat almal vir hulleself vra en wat ook in die boek en teaterproduksie voorkom, is: ‘Wie is ek en waar hoort ek?’
“Ek het nie in die 1970’s grootgeword nie; ek was nog ’n kind in die 1990’s, maar nadat ek die boek gelees het, het ek besef dit maak nie saak of jy ’n tiener in die 1970’s was nie en of jy eendag in 2085 ’n tiener is nie – jy gaan deur dieselfde goed.”
Dinge van ’n kind is deur Nagvlug Films vervaardig. Hulle is ook die vervaardiger van Wonderlus, Skemerdans, Nêrens en Noord-Kaap. Elanie Rupping en Henriëtta Gryffenberg het die draaiboek geskryf.
Remove ads
Rolverdeling
Verlede:
- Melissa Myburgh - Mart[1]
- Mienke Elhers - Dalena
- Jana Kruger - Marlene
- Andahr Cotton - Simon
- Augusta Zietsman - Suna
- Ben Albertyn - Pierre Malan
- André Weideman - Karel
- Méla Swanepoel - Liefie
- Liam Bosman - Ben
- Wesley Smit - Niel
- Wynand Ferreira - Pine
Hede:
- Susanne Beyers - Mart
- Ludwig Binge - Pierre
- Kim Syster - Janine
- André Roothman - Thomas
Episodes
| showblankpositional = 1 | country | dontclose | episodesT | id | multiseries | network | network_transclude | released | seasonT | series | seriesT | width | regexp1 = aux[%u] | regexp2 = aux[%u][%d]+[%u]? | regexp3 = aux[%u][%d]+[%u]?span | regexp4 = color[%d]+S?[%u]? | regexp5 = end[%d]+S?[%u]? | regexp6 = episodes[%d]+S?[%u]? | regexp7 = info[%u] | regexp8 = info[%u][%d]+S?[%u]? | regexp9 = info[%u][%d]aca+span | regexp10 = info[%u]span[%d]+S | regexp11 = info[%u]_transclude | regexp12 = linkR[%d]+S? | regexp13 = linkT[%d]+S?[%u]? | regexp14 = link[%d]+S?[%u]? | regexp15 = network[%d]+S?[%u]? | regexp16 = network[%d]+[%u]?span | regexp17 = part[%d]+S? | regexp18 = postaux[%u] | regexp19 = postaux[%u][%d]+[%u]? | regexp20 = postaux[%u][%d]+[%u]?span | regexp21 = start[%d]+S?[%u]? | regexp22 = released[%d]+S?[%u]? }}
Seisoen 1 (2022)
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads