Siektedatabasis

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die siektedatabasis (Engels: Diseases Database) is ’n databasis op ’n gratis webtuiste wat inligting oor die verwantskap tussen mediese toestande, simptome en medisynes verskaf. Dit word deur Medical Object Oriented Software Enterprises Ltd, ’n klein maatskappy in Londen in die Verenigde Koninkryk, onderhou.

Kitsfeite Tipe webwerf, Beskikbaar in ...

Die webwerf se verklaarde doel is "onderrig, agtergrondleesstof en algemene belang". Sy beoogde gehoor is "dokters, ander kliniese gesondheidswerkers en studente van hierdie beroepe". Die redakteur van die webwerf word as Malcolm H Duncan, 'n gekwalifiseerde Britse dokter, aangedui.[1]

Die siektedatabasis is rondom 'n versameling van konsepte (wat met menslike medisyne verband hou) gebou. Hierdie konsepte sluit siektes, geneesmiddels, simptome, fisiese tekens en abnormale laboratoriumresultate in. Dit word as 'items' geklassifiseer. Die databasis bevat ongeveer 9 000 items.[2]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads