Drie Susters

'n landformasie en bekende landmerk in die Noord-Kaap, Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Drie Sustersmap
Remove ads

Drie Susters (Engels: Three Sisters) is 'n landformasie en bekende landmerk in die Noord-Kaap, Suid-Afrika op die N1 nasionale pad tussen Beaufort Wes en Richmond.

Kitsfeite Drie Susters (Three Sisters), Land ...

Drie Susters se naam is ontleen van drie byna identiese koppies (heuwels) net oos van die N1 nasionale pad. Die koppies is met dolomiet gekroon en is rondawelagtig in voorkoms. Die plaas waarop die heuwels geleë is se naam is "Three Sisters".

Thumb
Drie Susters se treinhalte.

Daar is 'n ook 'n spoorhalte waar treine in die verlede goedere vir die omliggende landbougemeenskap op- en afgelaai het. Die diens is egter al jare gelede gestaak.

Naby die heuwels is daar 'n groot vulstasie. Net noord van die vulstasie skei die N1 nasionale pad (via Bloemfontein) en N12 nasionale pad (via Kimberley) op pad na die noorde.

Remove ads

Trivia

Pieter Koen se trefferliedjie "3 Susters van Drie Susters" is geïnspireer deur die pleknaam.

Sien ook

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads