Rooivlerktjagra
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Rooivlerktjagra is 'n redelike algemene inwoner wat graag parmantig rondwip (sal eerder wegwip as opvlieg wanneer bedreig) op die grond, op soek na insekte en ander invertebrata tussen droë blare en gras. Word gewoonlik alleen of in pare opgemerk.
Remove ads
Identifikasie
Medium grootte maar kleiner as Swartkroon- en Grysborstjagra. Wenkbrou wit met diagnostiese swart lyn bo en onder die oë.
Habitat
Inheemse bos (Brachystegia uitgesluit)
Verspreiding
Afrika suid van die Sahara, afwesig in die hoëveld en droë weste.
Geluid
Vlieg op met luide prrr prrr prrr, gevolg deur swewende afwaartse vlug (stert gesprei) en omtrent 15 melodieuse dubbelfluite. Alarm roep is 'n kort tjirp tjirp.
Galery
Ander name
- Engelse naam: Threestreaked Tchagra
- Tswana: Mugubani
- Duits: Damaratschagra
- Wetenskaplike naam: Tchagra australis
Sien ook
Bronnelys
- Roberts' Birds of Southern Africa, Sixth Edition, ISBN 0620175834
- Avibase se inskrywing van die driestreeptjagra Geargiveer 30 September 2007 op Wayback Machine
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads