Egipte
Republiek in Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Egipte (Arabies: مِصر, Miṣr; Egiptiese Arabies: مَصر, Maṣr; Kopties: Ⲭⲏⲙⲓ, Khēmi), amptelik die Arabiese Republiek Egipte (Arabies: جمهورية مصر العربية, Jumhūrīyat Miṣr al-ʻArabīyah; Egiptiese Arabies: Gomhoreyyet Maṣr el-ʿArabeyya), is 'n transkontinentale republiek wat hoofsaaklik in Noordoos-Afrika lê, maar ook die Sinaïwoestyn in Suidwes-Asië insluit.

Egipte bedek 'n area van sowat 1 010 408 km². Die land is aangrensend tot Libië in die weste, Soedan in die suide en Israel in die noordooste en het kuslyne in die noorde by die Middellandse See en die Rooisee in die ooste, onderskeidelik.
Die oorgrootte meerderheid van Egipte se 97,2 miljoen mense (2017) lewe minder as 'n kilometer weg van die oewers van die Nylrivier (omtrent 40 000 km²), waar die enigste bewerkbare land voorkom. Groot dele van die land maak deel uit van die Saharawoestyn en is yl bevolk. Vandag is die meerderheid Egiptenaars verstedelik en is hoofsaaklik woonagtig in die hoofstad Kaïro (bevolking ongeveer 15,2 miljoen) en Alexandrië (bevolking ongeveer 4,5 miljoen).
Egipte spog met een van die oudste beskawings wat terug dateer tot in 3000 v.C. met landbou en handel wat goed gevestig was. Die land is veral bekend vir die massiewe piramides wat opgerig is deur verskeie Farao's.
Remove ads
Landsnaam

- Die Oud-Egiptiese landsnaam Km.t beteken "Swart Land" en verwys na die vrugbare grond van die Nylvallei, 'n gebied wat met die "Rooi Land" van die aangrensende woestynstreke, die DSr.t kontrasteer. In die Koptiese taal het hierdie naam ontwikkel tot Kīmi of Kīmə, en in Oud-Grieks uiteindelik tot Kymeía.
- Die Arabiese term Miṣr – tans die amptelike landsnaam – is van Semitiese oorsprong. Hy is nou verwant aan die oorspronklike Assiriese skryfwyse Misir of Musur, maar ook aan die Hebreeuse מִצְרַיִם (Mizraim of Mitzráyim). Dit beteken eenvoudig "land" of "staat" en het in sy historiese nouer betekenis aanvanklik na Benede-Egipte verwys. Later het dit 'n wyer betekenis gekry en die hele land – Bo- en Benede-Egipte – ingesluit. So het ook die latere Hebreeuse landsnaam as 'n tweevoudige term ontwikkel. In die Arabiese dialek van Egipte het Miṣr nogtans tot Maṣr ontwikkel. Maṣri beteken hier "Egipties", en die bynaam al-Masri, wat dikwels voorkom, "die Egiptenaar".
- Die Afrikaanse en Europese terme (Egipte, Ägypten, Egypt, Égypt, Egitto en ander) is almal van die Latynse Aegyptus en sodoende van die Oud-Griekse Αίγυπτος (Aigyptos) afgelei. Die Kopte beweer dat hulle die regstreekse nakomelinge van die antieke Egiptenare is. Van hulle naam is die Griekse Aigyptos afgelei, wat in Afrikaans as Egipte oorgeneem is. Volgens 'n algemeen aanvaarde teorie kan Aigyptos as 'n voortsetting van die Oud-Egiptiese term ḥwt-k3-ptḥ beskou word wat "Setel van die Siel van (die God) Ptah" beteken en na 'n tempel in Memphis verwys wat aan hierdie godheid gewy is.
- In die tydperk tussen 1958 en 1972 was Egipte saam met Sirië in 'n gemeenskaplike staat verenig, die Verenigde Arabiese Republiek.
Remove ads
Geskiedenis van Antieke Egipte
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Antieke Egipte.
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads