Ellesmere-eiland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Ellesmere-eiland (Engels: Ellesmere Island, Inuktitut: Umingmak Nuna), die wêreld se tiende grootste eiland en die derde grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel, beslaan 'n oppervlakte van 196 235 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Ellesmere-eiland grens in die noordooste aan die Lincolnsee, in die ooste aan die Nares-straat en in die suidooste aan die Baffinbaai; in die ooste is Groenland, in die suide Devon-eiland en in die weste Axel-Heiberg-eiland geleë. Op die eiland is Kanada se noordelikste punt, Kaap Columbia, en die noordelikste nedersetting ter wêreld, Alert, geleë. Ellesmere-eiland is die noordelikste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel en genoem na die Britse politikus en skrywer Francis Egerton, die eerste graaf van Ellesmere.


Remove ads
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ellesmere-eiland.
- (en) "Ellesmere Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Mei 2020.
- (en) "Ellesmere Island". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 10 Mei 2020.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads