Ensiklopedie van Suidelike Afrika

beknopte ensiklopedie deur Eric Rosenthal wat fokus op inhoud oor Suider-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Ensiklopedie van Suidelike Afrika
Remove ads

Die Ensiklopedie van Suidelike Afrika is 'n beknopte ensiklopedie deur Eric Rosenthal wat fokus op inhoud oor Suider-Afrika. Die ensiklopedie is oorspronklik in Engels saamgestel, maar is deur J.H.L. (Jan) en E.M. (Elsa) Pretorius in Afrikaans vertaal. Die eerste uitgawe is in 1967 gepubliseer en het uit 'n enkele deel van 610 bladsye bestaan. Latere weergawes is in twee volumes gepubliseer: volume 1 met onderwerpe van A-L, en volume 2 bevat M-Z.

Thumb
Herdruk van 1970

Volgens die voorwoord is dit die eerste ensiklopedie wat uitsluitlik aan hierdie subkontinent toegewy is. Dit sluit onderwerpe van Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Malawi, Botswana, Lesotho, Eswatini en Mosambiek in.

Dit is 'n volledige vertaling van die Engelse Encyclopaedia of Southern Africa.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads