Epimeteus

From Wikipedia, the free encyclopedia

Epimeteus
Remove ads

Epimeteus of Epimetheus (Grieks: Ἐπιμηθεύς; "na" + "gedagte, dus "nagedagte"; "nakennis") was in die Griekse mitologie uit die tweede geslag Titane. Sy tweelingbroer het die kontrasterende naam Prometeus ("voorsorg", "voorbedagtheid") gehad. Die twee was "verteenwoordigers van die mensdom".[1]

Thumb
Pandora se geskenk aan Epimeteus

Epimeteus was die seun van die Titane Iapetos en Temis. Sy ander broers was Atlas en Menoitios.

Volgens Hesiodus (in sy Teogonie, 527ff;) het Epimeteus die geskenk Pandora van die gode aanvaar. Hoewel daarop gesinspeel word dat hulle getrou het, word dit nie eksplisiet genoem nie. In latere mites het hulle ’n dogter, Pirra.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads