Langstertflap

voëlspesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Langstertflap
Remove ads

Die langstertflap (Euplectes progne) is 'n sangvoël in die wewerfamilie. Hulle word algemeen in oop grasveld soos onder meer dié van die sentrale hoëveld van Suid-Afrika aangetref. Hulle is ook inheems aan die subtrope en trope, en word lokaal in Angola, Kenia, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Zambië gevind. In Engels staan dit as die long-tailed widowbird bekend.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Identifikasie

Die voël is 16 tot 20 cm lank, die broeiende mannetjie is 60 cm lank, en weeg 25 tot 46 gram. Die mannetjie verkry 'n kenmerkende swart veredos en lang stert tydens die broeiseisoen. Behalwe die lang stert het die broeiende mannetjie ook rooi skouers en breë swarterige skouers wat met witterige dofgeel begrens is. Die wyfie is groter as ander flapwyfies en die borskant is dofgelerig wit met ligte strepe op die bors en sye.

Die voël is groter as die kortstertflap.

Remove ads

Bron

Sien ook

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads