Filmspoed

From Wikipedia, the free encyclopedia

Filmspoed
Remove ads

Filmspoed is die graad van ’n fotografiese film se gevoeligheid vir lig. Dit word volgens verskeie skale gemeet, waarvan die mees onlangse die ISO-stelsel is. ’n Verwante stelsel word in digitale kameras gebruik.

Relatief onsensitiewe films, met ’n ooreenstemmende lae ISO-nommer, vereis meer beligting om dieselfde beelddigtheid te produseer as ’n sensitiewer film, en dit word dus ’n "stadige film" genoem. Baie sensitiewe films word "vinnige films" genoem. In beide film- en digitale fotografie lei die vermindering van beligting vanweë hoër sensitiwiteit tot ’n laer beeldgehalte. Hoe hoër die sensitiwiteit, hoe "korrelriger" sal die beeld dus wees.

Thumb
Hierdie filmhouer dui die filmspoed aan as ISO 100/21°
Remove ads

Vergelyking tussen ISO en DIN

Die standaarde ASA (vir American Standards Association) en DIN (vir Deutsches Institut für Normung) word sedert 1974 gekombineer in die ISO-standaard. (Die DIN-standaard word gewoonlik deur 'n gradeteken gevolg, bv. 21°) Hoewel die meetmetodes vir ISO/ASA en DIN op verskillende uitgangspunte gebaseer is, word die volgende omrekenings algemeen gebruik (van lae na hoë gevoeligheid):

Meer inligting ISO/ASA, DIN ...

Let daarop dat die DIN-waarde met drie toeneem vir elke verdubbeling van die ISO/ASA-waarde. Die waardes met ’n liggrys agtergrond word in die praktyk selde gebruik.

Remove ads

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads